“As julle sê 'n boom is goed, moet julle ook sê sy vrugte is goed; en as julle sê hy is sleg, moet julle ook sê sy vrugte is sleg. 'n Boom word tog aan sy vrugte geken. “Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart. “Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.” Party van die skrifgeleerdes en die Fariseërs sê toe vir Hom: “Meneer, ons wil 'n wonderteken van u sien.” Maar Hy antwoord hulle: “'n Slegte en afvallige geslag vra 'n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van 'n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees. Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Hulle het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona! Die koningin van die Suide sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Sy het immers van die uithoeke van die aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En hier staan Een wat groter is as Salomo!” “Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na 'n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so 'n mens slegter daaraan toe as aan die begin. So sal dit ook gaan met die slegte mense van vandag.” Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het sy moeder en broers buite gestaan, en hulle wou met Hom praat. Iemand sê toe vir Hom: “U moeder en u broers staan daar buite en wil met U praat.” Maar Hy sê vir die man wat dit vir Hom gesê het: “Wie is my moeder, en wie is my broers?” Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sê: “Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder.”
Lees MATTEUS 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 12:33-50
5 Days
Encouragement from a mom who launched her 7 children and lived to tell about it. Part 3 in this series of 12.
7 Dae
Voel jou lewe vaal, uitsigloos en vervelig? Het jou lewenslied verdwyn of is die note daarvan net ’n eentonige getokkel? Kom ontdek weer jou lewenslied vol vreugde en dans in God se lig van liefde en verlossing. Hierdie 7-dag-plan is geneem uit Marietjie Joubert se dagboek MET ’N LIED IN DIE HART, en sal jou help om weer by Jesus se voete hoop en inspirasie te kry.
29 dae
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's