MALEAGI 1:2-5

MALEAGI 1:2-5 AFR83

Ek het julle lief, sê die Here. Maar julle vra: “Hoe het U ons lief?” Esau was tog Jakob se broer, sê die Here, en tog het Ek vir Jakob liefgehad en vir Esau gehaat. Ek het sy bergland 'n verlate plek gemaak, sy woongebied vir die woestynjakkalse gegee. As Edom sou sê: “Ons is verpletter maar ons sal die puinhope weer opbou,” sal die Here die Almagtige sê: Laat hulle maar bou, Ek sal weer afbreek. Hulle sal bekend staan as die goddelose land, die volk op wie die Here se toorn vir altyd rus. Julle sal dit met julle eie oë sien en julle sal sê: “Die Here is groot, ook buite die grense van Israel.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor MALEAGI 1:2-5