Op 'n ander sabbatdag het Jesus weer in die sinagoge ingegaan en die mense geleer. Daar was 'n man met 'n gebreklike regterhand. Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy op die sabbatdag iemand sou gesond maak sodat hulle 'n aanklag teen Hom kon kry. Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir die man met die gebreklike hand gesê: “Staan op en kom staan hier in die middel.” En hy het daar kom staan. Toe sê Jesus vir hulle: “Nou vra Ek julle: Mag 'n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?” Nadat Hy almal rondom Hom aangekyk het, sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen, en sy hand was gesond. Maar hulle het rasend van woede geword en onder mekaar geredeneer oor wat hulle Jesus sou aandoen.
Lees LUKAS 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 6:6-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's