LUKAS 13:18-21

LUKAS 13:18-21 AFR83

Jesus het gesê: “Hoe is die koninkryk van God? Waarmee kan Ek dit vergelyk? Dit is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy tuin geplant het. Dit het gegroei en 'n boom geword, en die voëls het in sy takke kom nes maak.” Verder het Hy gesê: “Waarmee kan Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou geneem en in twintig kilogram meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”