Die paasfees van die Jode was naby, en Jesus het daarvoor na Jerusalem toe gegaan. Op die tempelplein het Hy die verkopers van beeste, skape en duiwe gekry en die geldwisselaars wat daar sit. Toe het Hy met toutjies 'n sweep gemaak en almal uit die tempel uitgejaag, ook die skape en die beeste. Die geld van die geldwisselaars het Hy op die grond gegooi en hulle tafels omgekeer. Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader 'n besigheidsplek maak nie.” Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: “Die liefde vir u huis verteer my.” Maar die Jode het Hom aangespreek en vir Hom gesê: “Met watter wonderteken kan u vir ons bewys dat u hierdie dinge mag doen?” Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.” Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?” Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel. Later, nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo. Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.
Lees JOHANNES 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 2:13-25
7 days
There is a dynamic, dead-raising power on the inside of you. Evangelist Reinhard Bonnke has penned some strong teachings on the Holy Spirit for you and has written dynamic Points of Power on the Holy Spirit. This 7 Day Study will challenge your thinking on the Holy Spirit and inspire you to believe in the amazing power of the Spirit within you.
7 Dae
Ons kyk gedurende Heilige Week na Jesus se laaste dae voor sy kruisiging. Ons vereenselwig onsself met sy lyding deur middel van simbole in sy daaglikse interaksies, gesprekke en dade. In hierdie 7-dag leesplan word jy soggens op jou reis begelei deur na ‘n video van vreesloosheid en waagmoed te kyk en saans deur 'n gebed van nadenke te bid.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's