Daarop sê Jesus vir hulle: “Die tyd het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word. Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in. Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou. As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer. “Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur.
Lees JOHANNES 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 12:23-27
8 dae
Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die gebeure van Jesus se sterwe tot sy opstanding. Berei jou hart voor vir Paasfees soos wat ons DIE LEWE bekyk wat alle lewens verander het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's