Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.” Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Party van hulle het ook gesê: “Kon hy wat die oë van die blinde man genees het, nie ook gemaak het dat hierdie man nie sterwe nie?” Jesus se gemoed het weer vol geskiet toe Hy by die graf kom. Dit was 'n rotsgraf, en daar was 'n klip voor die ingang gerol. Jesus sê toe: “Rol die klip weg.” Maar Marta, die suster van die oorledene, sê vir Hom: “Here, hy ruik al, want dit is al die vierde dag.” Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?” Hulle het toe die klip weggerol. Jesus het opgekyk boontoe en gesê: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.” Nadat Hy dit gesê het, roep Hy met 'n harde stem: “Lasarus, kom uit!” Die oorledene het uitgekom. Sy hande en sy voete was nog toegedraai met grafdoeke en sy gesig toegebind met 'n kopdoek. Jesus sê toe vir die mense: “Maak hom los dat hy kan huis toe gaan.” Baie van die Jode wat na Maria toe gekom en gesien het wat Jesus gedoen het, het tot geloof in Hom gekom.
Lees JOHANNES 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 11:33-45
5 Days
A life poured out. We see an example of this in Mary who anointed Jesus (John 12:1-8). In these next 5 days, let us do as Mary did and smash the alabaster jar, so we may be overcome by the fragrance of Jesus.
Death affects us all but how do we cope when we lose a loved one? This plan provides hope and comfort in the midst of grief.
Often we feel as if we’re not doing enough. Then we feel guilty because we’re supposed to be having quiet times with God too—but when we try to slow down, our hearts and minds are still busy. The story of Mary and Martha offers us guidance as well as grace in this tension. It’s a story of two sisters. It’s a story for each of us.
When Kim's three-year-old son passed away, she found plenty of resources on grieving. She says what she really needed, though, “was someone who would give me advice for living, not just grieving.” In this five-day devotional, Kim will share a raw vulnerability, a deep well of wisdom, and the knowledge of someone who’s been there as she walks grieving parents through the life-after-death process and surviving the sorrow of loss.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's