So sê die Here: Ek laat vrede na haar toe aankom soos 'n rivier, Ek laat die rykdom van die nasies na haar toe stroom. Julle sal aan haar drink, aan haar bors gedra word en op haar skoot getroetel word. Soos 'n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel. Julle sal veilig voel in Jerusalem. Julle sal dit beleef en julle sal bly wees; julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitspruit. So sal die mag van die Here geopenbaar word aan sy dienaars, en sal Hy sy vyande straf.
Lees JESAJA 66
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JESAJA 66:12-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's