JESAJA 57:15-16

JESAJA 57:15-16 AFR83

So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is: Ek woon in 'n hoë en heilige plek en Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes. Ek reken nie vir altyd sondes toe nie, Ek bly nie vir altyd toornig nie, want anders sou dit die einde beteken van die mens, die mens aan wie Ek die asem gegee het.