JESAJA 41:11-15

JESAJA 41:11-15 AFR83

Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal omkom. Jy sal dié soek wat teen jou veg, maar hulle sal nêrens te vinde wees nie; dié wat teen jou oorlog maak, sal word soos niks, soos iets wat nie bestaan nie. Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou. Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel. Ek maak jou 'n skerp dorsslee, 'n nuwe met baie tande; jy sal berge dors en fynmaal, jy sal van rante kaf maak.

Video for JESAJA 41:11-15