HOSEA 4:15-19

HOSEA 4:15-19 AFR83

As jy hoereer, Israel, moet Juda dit nie ook doen nie. Juda, julle moenie die heiligdom by Gilgal besoek en na Bet-Awen toe gaan nie, en julle moenie daar 'n eed aflê in die Naam van die Here nie. Israel is so koppig soos 'n moedswillige koei. Moet die Here hulle dan nou versorg soos 'n herder sy skape in die veld versorg? Efraim is verknog aan afgodsbeelde; laat hom maar sy gang gaan. Wanneer sy regeerders klaar gesuip het, hoereer hulle op groot skaal. Hulle het skande hartstogtelik lief. 'n Stormwind het vir Efraim in sy mag, sodat hy in die skande sal kom oor sy offers.

Gratis leesplanne en oordenkings oor HOSEA 4:15-19