HEBREËRS 5:7-10

HEBREËRS 5:7-10 AFR83

Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.

Video for HEBREËRS 5:7-10