Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader,” en ook: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees” ? En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “Al die engele van God moet Hom aanbid.” Van die engele sê Hy: “Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme.” Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied. U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.” En verder: “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande. Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos 'n kledingstuk sal alles verslyt; soos klere sal U dit oprol; ja, soos 'n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.” Van watter engel het Hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het” ? Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?
Lees HEBREËRS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 1:4-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's