Na verloop van tyd het Kain van die opbrengs van die land 'n offer aan die Here gebring. Abel het dit ook gedoen, van die eerstelinge uit sy kudde, van hulle vet. Die Here het vir Abel en sy offer aangeneem, maar nie vir Kain en sy offer nie. Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk. Toe sê die Here vir Kain: “Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.”
Lees GENESIS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 4:3-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's