GENESIS 1:17-20

GENESIS 1:17-20 AFR83

God het hulle in die hemelgewelf geplaas om op die aarde lig te gee, om oor dag en nag te heers en om lig en donker van mekaar te skei. En God het gesien dit is goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die vierde dag. Toe het God gesê: “Laat die waters krioel van lewende wesens, en laat daar voëls onder die hemelgewelf oor die aarde vlieg.”

Video for GENESIS 1:17-20