EKSODUS 35:21-29

EKSODUS 35:21-29 AFR83

en elkeen wat daarna gevoel het, het vrywillig 'n offergawe vir die Here gebring vir die werk aan die tent van ontmoeting, vir al die ander dienste en vir die gewyde klere. Manne en vroue het gekom en vrywillig borsspelde, oorbelle en ringe, halssnoere en allerhande goue voorwerpe gebring. Almal wat tevore goud as spesiale bydrae aan die Here belowe het, het dit gebring. Elkeen wat blou, pers en bloedrooi wolstof, linne, bokhaar, rooigekleurde ramsvelle en gebreide velle besit het, het dit gebring. Elkeen wat 'n bydrae in silwer en brons wou maak, het dit as offergawe vir die Here gebring. Elkeen wat doringhout gehad het, geskik vir allerhande soorte houtwerk, het dit gebring. Elke vrou wat netjies kon weef, het gebring wat sy geweef het: blou, pers en bloedrooi wolstof en linne. Elke begaafde vrou wat graag wou, het die bokhaar gespin. Al die leiers het oniks en ander edelstene gebring om dit op die skouerkleed en op die borssak te monteer; ook speserye en olie vir die lampe, vir die salfolie en vir die geurige wierook. Elke Israelitiese man en vrou wat vrywillig iets wou bring vir die werk wat die Here vir Moses beveel het om te doen, het dit vir die Here gebring.

Video for EKSODUS 35:21-29