Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam. As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie. As iemand 'n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op 'n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee. Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.
Lees EFESIËRS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFESIËRS 4:22-32
5 Days
Encouragement from a mom who launched her 7 children and lived to tell about it. Robin Meadows is an author and relationship coach. This plan is part one of twelve in this series.
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om ’n verandering in hul lewe te maak. Elke dag bevat gedagtes rondom die temas van gedagtes en verandering, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Gerdi van den Berg se boek "Jy kán verander".
7 Days
Whether we suffer emotional or physical wounds, forgiveness is the cornerstone of the Christian life. Jesus Christ experience all kinds of unfair and unjust treatment, even to the point of a wrongful death. Yet in his final hour, he forgave the mocking thief on the other cross and his executioners.
It’s all in your head. But what if that’s a good thing? Our thoughts are more than a reaction to what’s happening in our lives—they’re a powerful force for shaping who we are and who we can become. Learn from everyday people like you how you can use the powerful truth of Romans 12:2 to unleash the mastermind inside you.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's