Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank. Daniël se vyande het in sy huis ingestorm en hom daar gekry waar hy sy God aanbid en Hom om genade smeek. Toe gaan hulle na die koning toe en hou die koninklike dekreet aan hom voor. “U het tog mos 'n dekreet uitgevaardig dat enigiemand wat gedurende dertig dae enige god of mens aanbid, behalwe vir u, U Majesteit, in 'n leeukuil gegooi moet word.” Die koning het geantwoord: “Ja, en dit staan vas. Dit is 'n onherroeplike wet, 'n wet van Mediërs en Perse.” Toe sê hulle vir die koning: “Maar Daniël, een van die Joodse ballinge, steur hom nie aan u bevel en aan die dekreet wat u uitgevaardig het nie, U Majesteit! Hy bid nog drie maal per dag tot sy God.”
Lees DANIËL 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: DANIËL 6:11-14
17 Dae
Die boek Daniël is beide 'n biografie van 'n man wat God geglo het en 'n profetiese visie van wie uiteindelik die wêreld sal regeer. Reis daagliks deur Daniël terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
I don't like fasting! Let's be honest; there's nothing fun about denying yourself the foods you love and the comfortable lifestyle you enjoy. I may not like fasting, but I love the results. The Daniel Fast has CHANGED MY LIFE! If you commit to the fast and follow this plan, it's going to change yours too. Let's make room for God on this incredible journey as we Fast Like Daniel.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's