Toe Daniël te wete kom dat die bevelskrif geskryf is, het hy sy huis binnegegaan. Hy het in sy bovertrek oop vensters gehad in die rigting van Jerusalem; en hy het drie keer op 'n dag daar op sy knieë gegaan, gebid en voor sy God lof uitgespreek, soos hy voorheen gedoen het. Daardie manne het toe ingestorm en Daniël biddend en smekend voor sy God gekry. Daarna het hulle voor die koning verskyn en met hom gepraat oor die koninklike verbod: “Het u nie 'n verbod op skrif gestel dat enigiemand wat vir dertig dae 'n bede rig tot enige god of mens behalwe tot u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie?” Die koning het geantwoord en gesê: “Die saak staan vas as 'n wet van Mede en Perse, wat nie herroep mag word nie.” Toe antwoord hulle en sê vir die koning: “Daniël, een van die ballinge van Juda, steur hom nie aan u, o koning, of aan die verbod wat u op skrif gestel het nie, maar drie keer op 'n dag rig hy sy bede tot sy God. ”
Lees Daniël 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Daniël 6:11-14
17 Dae
Die boek Daniël is beide 'n biografie van 'n man wat God geglo het en 'n profetiese visie van wie uiteindelik die wêreld sal regeer. Reis daagliks deur Daniël terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
I don't like fasting! Let's be honest; there's nothing fun about denying yourself the foods you love and the comfortable lifestyle you enjoy. I may not like fasting, but I love the results. The Daniel Fast has CHANGED MY LIFE! If you commit to the fast and follow this plan, it's going to change yours too. Let's make room for God on this incredible journey as we Fast Like Daniel.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's