Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is. Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is. Julle is daarin onderrig deur Epafras, ons geliefde medewerker en 'n getroue dienaar van Christus in julle belang. Dit is ook hy wat ons vertel het van die liefde wat deur die Gees in julle gewek is. Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.
Lees KOLOSSENSE 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: KOLOSSENSE 1:3-14
5 Days
Embracing the supernatural reality of the spiritual world of the Bible is essential for understanding the Bible. Though we can’t see everything, God is working behind the scenes to cause everything promised in the Bible to come to pass. This 5-day plan will challenge you to live intentionally—and believe that His unseen hand is engaged in your circumstances.
7 Days
When the Bible is confusing, Through the Word explains it with clear, concise audio guides for every chapter. Here in Colossians, Kris Langham guides us as we learn who Jesus is and how to follow Him today. We’ll also get great insight on God’s directions for marriage and work, and what it means to be remade in His image. Plus the Bible’s antidote to weird Christianity! Welcome to Colossians Explained.
15 Days
If you’re new to Jesus, new to the Bible, or helping a friend who is - Start Here. For the next 15 days, these 5-minute audio guides will walk you step-by-step through two fundamental Bible books: Mark and Colossians. Track Jesus’ story and discover the basics of following Him, with daily questions for individual reflection or group discussion. Follow once to get started, then invite a friend and follow again!
21 Days
Oftentimes we struggle to share the gospel with our friends. Either we are overcome with fear or don't know what to share. We all need a burden to reach our lost friends for Christ. This is a 21-day Bible reading plan that helps us meditate specifically on passages related to evangelism and is accompanied by a short prayer for each day for our friends.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's