HANDELINGE 12:12-17

HANDELINGE 12:12-17 AFR83

Met dié gedagte is hy na die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem is, waar baie gelowiges saam was om te bid. Hy het aan die voordeur geklop, en 'n diensmeisie met die naam Rodé het kom hoor wie dit is. Toe sy Petrus se stem herken, was sy so bly dat sy nie die deur oopgemaak het nie, maar binnetoe gehardloop het om te vertel dat Petrus by die deur staan. Maar hulle sê vir haar: “Jy is mal.” Toe sy egter daarmee volhou, sê hulle: “Dan is dit sy gees.” Intussen het Petrus aangehou klop. Toe hulle die deur oopmaak en hom sien, was hulle baie verbaas. Hy het met sy hand vir hulle gewys om stil te bly en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het. “Vertel dit vir Jakobus en die ander gelowiges,” het hy gesê en na 'n ander plek toe vertrek.