2 SAMUEL 15:1-6

2 SAMUEL 15:1-6 AFR83

Daarna het Absalom vir hom 'n kar en perde aangeskaf. Vyftig man het gewoonlik voor hom uit gehardloop. Hy het soggens vroeg opgestaan en langs die pad by die stadspoort gaan staan. Hy het elkeen wat met sy saak vir 'n beslissing na die koning toe gekom het, na hom toe geroep. “Uit watter stad is jy?” vra hy dan. As die man antwoord: “Ek is 'n Israeliet,” sê Absalom vir hom: “Kyk, jy het 'n sterk, regverdige saak, maar by die koning sal niemand na jou luister nie.” Dan voeg Absalom by: “As ék maar net as regter in hierdie land aangestel word, sou ek 'n regverdige uitspraak lewer vir elkeen wat met 'n geding of saak na my toe kom.” As so iemand nader kom om voor hom te buig, slaan Absalom sy arms om hom en soen hom. So het hy gemaak met al die Israeliete wat vir regspraak na die koning toe gekom het, en op hierdie manier het hy die burgers se harte gesteel.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid