2 KORINTIËRS 9:13-15

2 KORINTIËRS 9:13-15 AFR83

Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.

Video for 2 KORINTIËRS 9:13-15

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KORINTIËRS 9:13-15