1 KRONIEKE 20:5-8

1 KRONIEKE 20:5-8 AFR83

In 'n ander geveg teen die Filistyne het Elganan seun van Jaïr vir Lagmi, die broer van Goliat uit Gat, verslaan. Sy spiessteel was so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel. Op 'n ander keer was daar oorlog in Gat. Daar was 'n lang man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet; saam was dit vier en twintig. Hy was ook 'n Refaïet van geboorte. Hy het die Israeliete getart, en toe het Jonatan, seun van Dawid se broer Samma, hom doodgemaak. Dit was dan die Refaïete wat in Gat gebore is. Dawid en sy manskappe het hulle laat sneuwel.