1 Kronieke 20:5-8

1 Kronieke 20:5-8 AFR20

Daar was nog 'n geveg met die Filistyne. Elganan, seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, uit Gat, verslaan. Die skag van sy vegspies was soos die dwarsbalk van 'n weefraam. Toe was daar weer 'n geveg in Gat. Daar was 'n lang man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet – vier-en-twintig altesaam. Ook hy het van Rafa afgestam. Hy het Israel uitgetart, maar Jonatan, seun van Simea, die broer van Dawid, het hom verslaan. Dit was afstammelinge van Rafa in Gat, maar hulle het gesneuwel aan die hand van Dawid en sy dienaars.