Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid. In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê. Voor God, wat aan alle dinge die lewe skenk, en voor Christus Jesus, wat teenoor Pontius Pilatus getuienis afgelê het van die goeie belydenis, beveel ek jou: “Voer jou opdrag stiptelik en onberispelik uit tot op die dag dat ons Here Jesus Christus kom.” Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers. Hy alleen besit onsterflikheid; Hy woon in ontoeganklike lig. Geen mens het Hom gesien of kan Hom sien nie. Aan Hom kom toe eer en ewige mag! Amen. Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry. Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis”, soos dit verkeerdelik genoem word. Daar is mense wat daardie “kennis” aanhang en so van die geloof afgedwaal het. Die genade sal by julle wees!
Lees 1 TIMOTEUS 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 TIMOTEUS 6:11-21
5 Dae
Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! (Psalm 103:2) In die kultuur van ons tyd is ons in 'n dankseggingseisoen. Hoe reflekteer, vier ons fees en sê ons dankie? Ons streef daarna om die deug van dankbaarheid te bou, waar ons nie net ons seëninge tel nie, maar ook God se teenwoordigheid in ons lewens erken. Deur te fokus op die goedheid van God, wil ons aanmoediging vind om ander te waardeer, en 'n gemeenskap te skep wat vol vreugde en hoop is.
7 Days
Goals are good... as long as they move us in God’s direction. If you’re considering setting some goals for yourself, use this plan as a guide to make sure what you’re working toward keeps you on mission for Christ.
10 dae
Niks neem langer om te bou as ’n goddelike reputasie nie – en niks word vinniger vernietig deur ’n enkele misstap nie. Dit is hoekom jou integriteit bo enigiets anders beskerm moet word. Isak Burger praat eerlik en reguit oor integriteit en wat dit werklik vir gelowiges beteken, in hierdie 10 oordenkings saamgestel uit sy boek INTEGRITEIT.
14 Days
In this reading plan, Pastor Rick teaches the eight skills we need to succeed as we pursue our unique missions in life.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's