Dit is 'n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy 'n voortreflike werk. 'n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; hy moenie aan drank verslaaf of 'n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie. Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem? Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland. Ook by die mense buite die gemeente moet hy as 'n goeie man bekend staan, sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in 'n strik van die duiwel val nie. Net so moet diakens ook manne van goeie karakter wees. Hulle moenie uit twee monde praat nie en nie aan drank verslaaf of op oneerlike winsbejag uit wees nie. Hulle moet in alle opregtheid aan die geopenbaarde waarheid van die geloof vashou. Vooraf moet ondersoek ingestel word na hulle geskiktheid, en as niemand beswaar teen hulle inbring nie, kan hulle as diakens dien. Net so moet vroue ook van goeie karakter wees, nie skinder nie, nugter en in alles betroubaar.
Lees 1 TIMOTEUS 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 TIMOTEUS 3:1-11
15 Dae
Die eerste brief aan Timoteus verskaf praktiese aanduidings dat iemand verander is deur die evangelie-ware tekens van godsaligheid. Reis daagliks deur 1 Timoteus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
28 Days
Do you feel overwhelmed, dissatisfied, and stuck in a rut? Wishing your day-to-day life could improve? God's Word is your guide to brighter days. During this 28-day reading plan, you will discover ways you can go from living just a good life to living the type of better life that God desires you to have.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's