Ek is van een saak oortuig: al ons swaarkry weeg glad nie op teen die wonderlike lewe wat op ons wag in God se nuwe wêreld nie. Die res van God se skepping sien ook baie uit na daardie groot dag wanneer Hy voor almal sal sê dat ons sy kinders is. Want tot nou toe kry die skepping baie swaar. Die skepping het nie self gekies om so te ly nie. Nee, dit is die gevolg van God se straf op die sonde. Tog is daar hoop. Die skepping weet dat God dit ook eendag sal bevry van hierdie verskriklike lyding. Op daardie dag wanneer God al sy kinders eens en vir altyd kom verlos, sal die skepping ook vrygemaak word. Dan sal die skepping God se heerlikheid op die regte manier weerkaats. Vir altyd. Intussen steun en kreun die ganse skepping tot vandag toe soos ’n vrou wat op die punt staan om geboorte te gee. Maar dit is nie net die skepping wat swaarkry nie. Ons kry ook swaar. Al het ons die Heilige Gees as ’n offer uit God se hand ontvang om ons te verseker dat God se nuwe wêreld op ons wag, sug en kla ons ook. Ons sien uit daarna dat God ons van hierdie sterflike bestaan sal kom verlos. Dit sal gebeur op daardie dag wanneer Hy terugkom en voor almal kom sê dat ons aan Hom behoort. Omdat ons klaar deur God gered is, wéét ons dat ons ’n plek sal hê in sy nuwe wêreld. As ons nou al hierdie nuwe wêreld kon sien, sou ons mos nie heeltyd daarop gewag het nie. ’n Mens sien tog nie uit na iets wat jy reeds het nie, of hoe? Maar nou weet ons dat ’n nuwe lewe by God op ons wag, ook al kan ons dit nog nie sien nie. Daarom wag ons geduldig totdat dit aanbreek. Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.
Lees Romeine 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 8:18-27
4 Days
Optimism doesn’t depend on what we see—it stems from what God says. This four-day Bible Plan from Life.Church unwraps eight reasons from Romans 8 to remain unwaveringly optimistic. Start reading part one of the six-part Stay Positive series.
Facing difficult situations in our lives is inevitable. But in this short 4-day Plan, we’ll be encouraged knowing we are not alone, that God has a purpose for our pain, and that He will use it for His greater purpose.
5 dae
Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon. Vertroue is nie ’n verpligting wat ons aan God verskuldig is nie; dit is ’n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes oor vertroue in God en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Joyce Meyer se “Onwrikbare vertroue”.
5 Days
This plan will look at how the Bible tells us that God is working out all things for those who love Him and how grief and loss do not have the final word; God does.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's