Psalms 81:13-16

Psalms 81:13-16 DB

Ek het hulle toe gelos sodat hulle hulle eie pad kon loop. Ek het hulle ’n kans gegee om hulle sin te kry. Ag, as my kinders maar net na My wou luister en doen wat Ek vra! In ’n oogwink sou Ek hulle vyande straf. Na een veeg van my hand sou daar niks van hierdie vyande oorbly nie.” Mense wat nie van God hou nie, maar maak of hulle Hom liefhet, gaan baie spyt wees. Hulle sal in vernedering voor God moet kom kruip. God sal hulle vir altyd laat betaal.