As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om? En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie! Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik. U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is; U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde. U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het. Veral die diere is van hom afhanklik - die vee, wilde diere, voëls en visse. Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!
Lees Psalms 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 8:4-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's