Psalms 42:5-8

Psalms 42:5-8 DB

Met verlange dink ek terug aan die ou dae. Toe het ek die leiding geneem in die eredienste en feesgeleenthede. In die dienste het ek voorgegaan in gebed. Ek het leiding gegee wanneer ons saamsing. By lofprysings was ek die voorsanger. Ons het almal saam feesgevier om U te prys. Ek het voor hulle uitgestap na u woonplek toe. Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Moenie twyfel nie. Waarom so hartseer? Vertrou net op God. Ek gaan Hom loof, al kry ek baie swaar. Dit is Hy wat my uit my swaarkry red. Ek sal weer vir Hom ’n loflied sing. My God, ek is heeltemal moedeloos. Hier sit ek by ’n waterstroom ver van die plek waar ek U aanbid het. Hier ver weg van almal dink ek aan U. My gedagtes dwaal ver terug. In die agtergrond bruis die waterstrome. Net soos die watermassas oor die stompe en klippe slaan, so het U ’n groot klomp swaarkry en hartseer oor my laat spoel.