Psalms 32:3-5

Psalms 32:3-5 DB

Toe ek stilgebly het oor my verkeerde dade en dit nie voor die Here bely het nie, het dit baie sleg met my gegaan. Ek het maer geword soos ek die hele dag hard gebid het. Dag en nag het U my aan my sonde herinner. My krag het opgedroog soos waterpoele in die gloeiende hitte van die somerson. Toe het ek my verkeerde dade voor U bely. Ek het nie stilgebly oor die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. Ek het besluit om my slegte dade vir die Here te vertel. U, Here, het dit alles vergewe.