Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 32:3
Gewoontes
6 Dae
Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. Hierdie Life.Church leesplan neem jou deur die Skrif om goeie, daaglikse gewoontes aan te kweek wat blywend is.
Hoe Moet Ons Bid?
6 dae
Gebed is 'n geheimenis. Hoe moet ons bid? Waarvoor bid ons? As God reeds alles weet, hoekom bid ons? Ons weet dat gebed 'n deurslaggewende deel van 'n Christen se lewe uitmaak, maar dit is dikwels 'n uitdaging. Soos ons deur die voorbeeld werk wat Jesus vir ons in die Ons Vader gegee het, sal ons verskillende elemente van gebed ondersoek en sal jy maniere ontdek om jou eie gebedslewe te ontwikkel.
Die Einde Van Myself Deur Kyle Idleman
7 Dae
Geneem uit Kyle Idleman se opvolg van "Not A Fan", word jy uitgenooi om aan die einde van jouself te kom — want alleenlik dan kan jy die andersoortige metodes van Jesus omhels.
Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies
8 dae
Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebeur het waaroor hulle geen beheer gehad het nie.
Geestelike Dissiplines en Evangelisasie
9 Dae
Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!