Ek is elke oomblik van die Here afhanklik. Ek kyk heeltyd na Hom op. Hy keer dat swaarkry en probleme my onderkry. Hy red my uit die moeilikheid. Ek is alleen. Ek vra u hulp, want ek het groot probleme. Ek draai na U toe. Ek kry baie swaar. Help my om nie meer vir my probleme bang te wees nie. Red my uit swaarkry. My probleme word al groter. Vergewe al my verkeerde dade. Kyk hoe swaar kry ek. Kyk hoe sleg gaan dit met my. Beskerm my teen almal wat my haat. Kyk hoe baie vyande het ek. En kyk hoe erg haat hulle my. Moet my nie in die steek laat nie. Beskerm my en red my. By U kom kruip ek weg. Sien dat ek onskuldig is, en dat ek U voluit wil dien. Help my om voluit te lewe, want ek vestig al my hoop op U.
Lees Psalms 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 25:15-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's