Psalms 25:14-17

Psalms 25:14-17 DB

Die Here maak sy planne net aan hulle bekend wat ontsag vir Hom het. Hy maak sy hart wyd teenoor hulle oop. Hy wys hulle wat sy ooreenkoms met mense is. Ek is elke oomblik van die Here afhanklik. Ek kyk heeltyd na Hom op. Hy keer dat swaarkry en probleme my onderkry. Hy red my uit die moeilikheid. Ek is alleen. Ek vra u hulp, want ek het groot probleme. Ek draai na U toe. Ek kry baie swaar. Help my om nie meer vir my probleme bang te wees nie. Red my uit swaarkry. My probleme word al groter.