Psalms 16:5-8

Psalms 16:5-8 DB

Alles wat die Here vir my doen, maak my vol vreugde. Hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het. U sorg vir my, Here. U het die mooiste dinge in die lewe vir my gegee. Ek kan nie uitgepraat raak oor al die wonderlike dinge nie. Dit maak my baie gelukkig. Ek bly in ’n mooi land. Ek sal die Here prys. Ek wil sy Naam grootmaak omdat Hy my hand vat en my op die regte pad lei. Selfs as ek slaap, weet ek Hy is by my. Daar is nie ’n oomblik van die dag dat ek nie aan die Here dink nie. Hy is die belangrikste in my lewe. Hy is altyd by my.