Psalms 146:5-6

Psalms 146:5-6 DB

Hoor mooi, jy sal nie ’n fout maak as jy op die God van Jakob vertrou om jou te help nie. Hy het deur die geskiedenis gewys dat jy Hom kan vertrou. Iemand wat die Here as sy God vertrou, is ’n baie gelukkige mens. Onthou, die Here het al die mag in die wêreld. Hy het alles gemaak: die hemel, die aarde, die see, ja, alles wat leef en beweeg. Hy sal nooit dit wat Hy gemaak het, in die steek laat nie. Hy bly altyd getrou.