Ek was baie bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.” Nou staan ons hier binne-in jou, o Jerusalem. Jerusalem is goed gebou. Dit is waarheen al die kinders van God kom om vir Hom baie dankie te sê. Dit is wat Hy van hulle verwag. Hier word besluit wat reg of verkeerd is. Hier word die hofsake deur die nageslag van koning Dawid verhoor. Bid vir vrede in Jerusalem: Mag almal wat Jerusalem liefhet, gelukkig daar woon. Mag vrede die stad omvou sodat mense daar veilig mag voel. Ter wille van almal wat ek daar ken, bid ek: “Vrede!” Omdat die huis van die Here in Jerusalem staan, wens ek julle net die beste toe.
Lees Psalms 122
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 122:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's