Die Here het toe vir Moses, sy dienskneg, gestuur, ook vir Aäron wat Hy self uitgekies het. Hulle het groot wonderwerke gedoen. Daar in Gam se land het hulle vir die Egiptenaars gewys hoe sterk die Here is. Die Here het alles laat donker word, maar hulle het geweier om na Hom te luister. Hy het hulle water in bloed verander. Al hulle visse het doodgegaan. Skielik het hulle land gewemel van paddas, tot in die koning se slaapkamer. Toe die Here die bevel gee, het steekvlieë op hulle toegesak. Muskiete was die hele wêreld vol. Die Here het hael en donderweer oor hulle gestuur in plaas van sagte reën. Swaar donderweer het hulle land uitmekaargeslaan. Hy het al hulle vrugtebome en wingerdstokke van die aarde af weggevee. Daar het nêrens ’n boom staande gebly nie. Hy het net ’n woord gesê, toe sak sprinkane op hulle toe. Hulle was so baie, jy kon hulle nie tel nie. Hulle het elke stukkie groenigheid in die Egiptenaars se land opgeëet. Daar het nie ’n plant of ’n vrug iewers oorgebly nie. Al die oudste seuns in hulle land het Hy laat sterf. In ’n oogwink was hulle sonder krag of hoop. Toe het Hy Israel laat wegtrek met arms vol silwer en goud. Niemand van hulle het in Egipte agtergebly nie. Die mense van Egipte was bly dat hulle padgegee het, want hulle was teen hierdie tyd baie bang. Die Here het elke dag ’n wolk oor sy volk uitgesprei om hulle koel te hou, en ’n groot bol vuur in die nag om vir hulle lig te gee. Hulle het gebid vir kos, toe stuur Hy vir hulle kwartels om te eet, brood uit die hemel het al hulle hongerpyne weggevat. Hy het ’n rots laat oopgaan, toe loop daar water uit, soos ’n magtige rivier het dit deur die droë woestyn gevloei.
Lees Psalms 105
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 105:26-41
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's