Die Here het ’n hongersnood oor die hele land laat kom. Daar was nie ’n krieseltjie kos oor om te eet nie. Maar Hy het ’n man voor hulle uit gestuur. Dit is Josef, wat as ’n slaaf verkoop is. Hulle het Josef se voete met swaar boeie vasgemaak en hom agter ysterdeure toegesluit. Sy swaarkry het aangehou totdat God se plan waar geword het, totdat die Here besluit het hy is net die regte man vir die werk! Josef het die toets geslaag. Toe het die koning vir Josef uit die tronk laat haal. Die magtige heerser oor baie nasies het hom vrygelaat en hom aangestel as die hoof oor sy hele paleis. Josef het beheer gehad oor al sy besittings. Die koning se huishouding was onder Josef se bestuur. Hy was die hoof oor die belangrike amptenare. Al die slim mense moes hy onderrig. Israel het toe na Egipte toe gekom, Jakob het as ’n vreemdeling in Gam se land gaan bly. Die Here het gesorg dat hulle baie kinders het, baie meer as die mense wat hulle verdruk het. Hy het die Egiptenaars teen sy mense laat draai. Later was hulle so vol haat dat hulle sy dienaars sleg behandel het.
Lees Psalms 105
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 105:16-25
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's