Ek wil die Here loof. Met alles in my wil ek die Here se grootheid prys. Ek wil nooit vergeet hoe goed die Here vir my is nie. Ek loof Hom! Dit is Hy wat my vergewe as ek verkeerde dinge doen. Hy maak my gesond. Hy red my uit die kloue van die dood. Hy maak dat ek vir ander mense omgee en goeie dinge vir hulle doen. Die Here oorlaai my met al die goeie dinge in die lewe. Hy gee my arms vol krag. Hy maak my so sterk soos ’n jongmens. Die Here help almal wat onderdruk word. Hy is goed. Hy sorg dat reg aan hulle gedoen word. Dink net hoe Hy vir Moses gesê het wat Hy van hom verwag en hoe Hy sy kinders gaan help. Die Here se hart is baie sag. Hy gee graag goeie dinge aan ons. Hy is geduldig. Hy het sy kinders baie lief. Die Here sal jou nie aanhou straf vir die verkeerde dinge wat jy gedoen het nie. Ook bly Hy nie vir altyd kwaad oor iets nie. Hy straf ons nie volgens dit wat ons regtig verdien nie. Hy vergeld ons nie op dieselfde manier vir al ons slegte dade nie. So ver as wat die verste punt in die heelal van ons af is, so groot, en nog groter, is die Here se liefde vir elkeen wat Hom dien. So ver as wat die verste punte van die heelal van mekaar af is, so ver, en nog verder, vat Hy ons sondes se straf van ons af weg. Net soos ouers hulle kinders met groot liefde versorg, so versorg die Here elkeen wat Hom dien met arms vol liefde. Die Here weet hoe swak en vol foute ons is. Hy weet dat ons maar net klein en swak mensies is.
Lees Psalms 103
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 103:1-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's