Spreuke 7:1-4

Spreuke 7:1-4 DB

Jong vriend, onthou wat ek jou oor die lewe geleer het. Bêre my voorskrifte in jou gemoed. Leef daarvolgens en jy sal gelukkig wees. Laat my voorskrifte vir jou so kosbaar soos die lewe self wees. Bind dit soos ’n stukkie lint aan jou vinger. Graveer dit so diep in jou hart dat jy dit nooit vergeet nie. Maak die spreuke se wysheid so jou eie dat dit vir jou soos ’n geliefde suster sal wees. Word met die spreuke se voorskrifte so bekend soos ’n mens ’n familielid baie goed leer ken.