Spreuke 6:20-26

Spreuke 6:20-26 DB

Jongman, jou ouers se opvoeding is belangrik. Hou vas aan die reëls wat jy by jou pa gekry het. En jou ma se lesse moet jy nooit vergeet nie. Dink gedurig daaraan sodat jy dit nooit sal vergeet nie. Of hang dit soos ’n hangertjie om jou nek sodat jy dit altyd sal onthou. Jou ouers se opvoeding sal jou help om gelukkig te leef. Wanneer jy gaan slaap, sal hierdie lewenswyshede jou nie verlaat nie. As jy wakker word, sal dit jou weer opnuut wys hoe om reg te leef. Lesse oor die lewe is soos ’n lamp. ’n Goeie opvoeding is soos ’n lig wat jou wys hoe om reg te leef. Dissipline is die deur tot ’n beter en gelukkiger lewe. Al hierdie spreuke moet jou teen ’n gevaarlike vrou se verleiding beskerm, jou teen haar sappige en verleidelike woorde oppas. Moenie deur haar mooi lyf oorweldig word nie. En moenie dat haar mond en oë jou verlei nie. Vir ’n prostituut is kos- en huurgeld voldoende betaling. Vir die vrou van ’n ander man gaan jy egter met jou lewe betaal.