Iemand wat reg leef, is geduldig. ’n Vinnige humeur rig oneindige skade aan. Kalmte en vrede is baie goed vir jou gesondheid. Slegte drange en luste is soos ’n vernietigende siekte. Wie die arme se nood miskyk, beledig die Here. Wie lief en goed is vir ander, eer Hom. Goddeloses leef en sterf sonder hoop. Gelowiges is tot die dood toe veilig in die Here. ’n Gelowige koester wysheid. Dommes dink nie eens daaraan hoe om reg te leef nie. ’n Mooi lewe maak jou gesin, jou familie en jou volk gelukkig. Verkeerde dinge bring hulle in verleentheid. ’n Werkgewer beloon sy werknemer vir goeie diens. Afskeepwerk en bedrog lei tot afdanking en armoede.
Lees Spreuke 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 14:29-35
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's