Filippense 3:17-21

Filippense 3:17-21 DB

My broers en susters, doen wat ek gedoen het. Wees my navolgers. Terwyl ek nie daar is nie, moet julle die mense se voorbeeld volg wat die wedloop net soos ek hardloop. Dit is belangrik dat julle die regte mense volg. Ek het dit al baie vir julle gesê en dit maak my eintlik seer om dit weer te moet sê: daar is baie mense wat niks van Jesus hou en van wat Hy alles vir ons gedoen het nie. Mense wat agter daardie klomp aanloop, gaan saam met hulle die afgrond afstort waar hulle vir ewig van God af weg sal wees. Hulle stel mos meer belang daarin om hulleself en hulle eie begeertes te dien as vir God. Hulle spog oor dinge waaroor ’n mens jou eintlik bloedrooi behoort te skaam. Aan God dink hulle nie eens nie, want al wat vir hulle waarde het, is aardse dinge. Hoe anders is ons nie! Wat vir ons saak maak, is die hemelse dinge. Daar lê ons ware vaderland. Uit daardie vaderland sal ons Redder kom. Uit die hemel verwag ons ons Here, Jesus Christus. Hy gaan ons swak menslike liggaam verander. Hy gaan ons liggaam nuut maak soos sy liggaam is na sy opstanding, verhewe en heerlik. Hy sal dit doen omdat Hy baie sterk is, want sy krag oortref alle ander krag. Wat Hy wil, dit kan Hy doen.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid