Numeri 34

34
Die land se grense
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Sê vir die Israeliete Ek gee vir hulle die hele land Kanaän om in te bly, dit behoort nou aan hulle. Die grense van die land lyk so:
3“Julle suidgrens strek van die Sinwoestyn af tot teen Edom. Aan die oostekant begin hierdie grens by die suidelike punt van die Dooie See, 4daarvandaan draai dit suid van Skerpioenpas af weg in die rigting van Sin. Daarvandaan gaan dit suid van Kades-Barnea af tot by Gasar-Addar en verby tot by Asmon, 5waar dit wegdraai en al met die kloof wat die grens met Egipte vorm, langs strek tot by die Middellandse See.
6“Die Middellandse See vorm die wesgrens van julle land.
7“Aan die noordekant loop die grens van die Middellandse See af tot by die berg Hor, 8en van daar af tot by die kloof deur Hamat. Daarvandaan loop die grens na Sedad toe 9en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is die noordgrens.
10“Die oostelike grens loop van Gasar-Enan af tot by Sefam. 11Die grens loop dan van Sefam af tot by Ribla, oos van Ajin, en daarvandaan deur die berge teen die oostelike oewer van die Meer van Gennesaret en dan al met 12die Jordaanrivier langs tot by die Dooie See. Dit is hoe die grense van julle land lyk.”
Verdere reëls oor die verdeling van die grond
13Moses het vir die Israeliete gesê: “Hierdie is die gebied wat die Here gee aan die nege en ’n half stamme wat nog nie grond gekry het nie. Julle moet lootjies trek om te sien wie watter deel kry as hulle eiendom. 14-15Die stamme van Ruben en Gad en die halwe Manassestam het mos reeds hulle grond aan die oostekant van die Jordaanrivier regoor Jerigo gekry.”
16Verder het die Here vir Moses gesê: 17-18Die mense wat verantwoordelik is daarvoor om toe te sien dat die land regverdig verdeel word, is die priester Eleasar en Josua saam met ’n leier uit elke stam. 19-28Die name van hierdie leiers is:
Stam Leier
Juda Kaleb, die seun van Jefunne
Simeon Samuel, die seun van Ammihud
Benjamin Elidad, die seun van Kislon
Dan Bukki, die seun van Jogli
Manasse Ganniël, die seun van Efod
Efraim Kemuel, die seun van Siftan
Sebulon Elisafan, die seun van Parnak
Issaskar Paltiël, die seun van Assan
Aser Agihud, die seun van Selomi
Naftali Pedael, die seun van Ammihud
29Dit is die leiers aan wie die Here die opdrag gegee het om die grond in Kanaän onder die Israeliete te help verdeel.

Tans Gekies:

Numeri 34: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

Video vir Numeri 34