Matteus 28:5-8

Matteus 28:5-8 DB

Die engel praat toe met die vroue: “Moenie vir my bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus, die Een wat hulle gekruisig het. Hy is nie meer hier nie. Hy het mos self gesê Hy gaan opgewek word. Presies dit het gebeur! Maar staan nader; kom kyk self na die plek waar Hy gelê het. As julle klaar gekyk het, maak so gou as wat julle kan en gaan vertel vir sy dissipels dat Hy uit die dood opgewek is. Sê vir hulle Hy is op pad Galilea toe. Julle almal moet Hom daar gaan kry. Dit is my boodskap aan julle.” Die vroue het nie op hulle laat wag nie. Hulle hardloop toe so vinnig as wat hulle kon huis toe om vir die dissipels te gaan vertel. Van skrik het hulle bene nog maar gebewe, maar hulle harte het van pure blydskap vinnig geklop.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 28:5-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid