Matteus 27:1-5

Matteus 27:1-5 DB

Met sonsopkoms het die Joodse leiers hulle besluit beklink: Jesus moes doodgemaak word. Daarom het hulle Hom geboei en na Pilatus, die goewerneur, gestuur. Judas, wat Hom verraai het, het alles mooi dopgehou. Toe hy agterkom wat die Joodse leiers oor Jesus besluit het, het hy vreeslik sleg gevoel. Sy gewete het hom begin pla. Hy het die omkoopgeld gevat en dit vir die Joodse leiers gaan teruggee. “Dè, vat! Ek het ’n groot fout gemaak. Ek het ’n onskuldige man in die moeilikheid laat beland.” “Dit is jou saak. Dit pla ons nie,” sê die Jode. Judas gooi toe die geld net daar in die tempel neer en hardloop weg. Later het hulle hom gekry waar hy homself opgehang het.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 27:1-5