Matteus 18:6-7

Matteus 18:6-7 DB

“Maar elkeen wat veroorsaak dat een van hierdie ou kleintjies se geloof ’n knou kry, gaan in groot moeilikheid wees. Wanneer iemand daarvoor verantwoordelik is dat my kleintjies die spoor byster raak, is dit eintlik vir hulle beter in die middel van die see met ’n reuserots om hulle nek, want God gaan hulle verskriklik swaar straf. “Dis nou maar een maal so dat daar allerhande sondes en versoekings in hierdie wêreld is. Maar Ek sê vir julle: daar wag groot probleme op almal wat hierdie sondes uitdink. God se oordeel wag op hulle.

Video for Matteus 18:6-7

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 18:6-7