’n Groepie Fariseërs en Sadduseërs het op die toneel verskyn om Jesus in die openbaar te probeer verneder. Hulle het Hom voor die mense uitgedaag om ’n wonderwerk te doen. Jesus het egter vir hulle gesê: “Julle weet mos goed om die weer te voorspel. In die aand sê julle: ‘Môre gaan dit mooi weer wees. Kyk net hoe rooi is die lug.’ En wanneer die lug toegetrek is, sê julle: ‘Vandag gaan dit onweer wees.’ As julle so goed is met die weer, hoekom kan julle dan nie die tyd reg lees nie? Kan julle nie sien wie nou by julle is nie? “Julle spul sondaars is op soek na tekens. Julle wil ’n bewys hê dat God deur My werk. Weet julle, dit is net sy vyande wat allerhande tekens wil hê. Die enigste ‘teken’ wat Ek bereid is om vir julle te gee, is dié van Jona wat drie dae lank in die maag van ’n vis was. My lewe sal ook vorentoe soos dié van Jona verloop.” Jesus het toe omgedraai en weggestap.
Lees Matteus 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 16:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's